KYK: Nories-personeel sing en dans

Nories se eie personeel, insluitend die sekuriteitswagte, het die leerders met hul musiektalente vermaak.

Hoërskool Noordheuwel se personeel, insluitend sekuriteitswagte en skoonmakers, het onlangs hul musikale talente ten toon gestel.

Volgens Nories se bemarkingshoof Sonet Guy was die doel om die leerders te beloon wat ywerige pogings aangewend het rakende kaartjieverkope vir die skool se komende fees.

Sekuriteitswag Andries Rossouw sing uit volle bors.

“Met die beloning kry ons die sangsensasie, Ilán van Staden. Boonop het ons eie personeel, onder andere die sekuriteitswagte Andries Rossouw en Riccardo Hlatshwayo, beter bekend as Mqabuleni, met ‘n mikrofoon gewys wat in hulle steek,” sê Sonet.

Ilán, oorspronklik van Krugersdorp, het onlangs die internet gebreek met sy eerste solo-vrystelling Koue Pizza. Hy het reeds in 2022 naam gemaak nadat hy ’n platekontrak met Inhoud Huis Musiek gesluit het, en ’n rol losgeslaan het in die treffer-teaterproduksie, Die Gelofte: ’n Musiekblyspel.

Intussen het Mgabuleni ook die Krugersdorp News gehaal en vertel hoe hy daarvan droom om eendag oorsee op te tree.

• Lees ook: Munsieville musician dreams of performing overseas

Die News het die geleentheid bygewoon, waar byna die hele skool die pawiljoen volgepak het. Die leerders het ook saam gedans, gesing, geskree en hande geklap.

“Dit was my tweede vertoning en die gehoor was briljant. Ek was baie tevrede met my optrede,” het Riccardo afgesluit.

Exit mobile version