Pret en spoed in die modder saam Kennies

Kennies hou jaarlikse Kaskardag om fondse vir die skool in te samel.

Laerskool Kenmare het Vrydag, 30 Augustus hul jaarlikse Kaskardag op die skool se rugbyveld gehad. Dit is ook gehou in samewerking met hul graad 7’s se Entrepreneursdag.

Wouter Immelman, hoof van Kennies, sê die hoofdoel van die dag is om fondse vir die skool in te samel, maar dit is die spanbou en gees van die dag wat ook vir die leerders baie belangrik is.

JP Wiese, Luka du Plessis en Alexander Röhrs kompeteer in die Kaskardag.

“Die wins wat deur die Entrepreneursdag gegenereer word, sal ook aangewend word vir die graad 7 se afskeid later in die jaar.”

Die kaskaruitdunne was tussen die Knikkies; graad 1 en 2; graad 3 en 4; graad 5 en 6, en die graad 7, om te bepaal wie die vinnigste kaskarklas is.

Adine Adriaanse, Madelyn Passano en Charlize Coetzer jaag in ‘n resies.

Daar was selfs ‘n wedloop waar van die onderwysers gejaag het, waar hulle almal met modderige klere in die koue weer weggestap het!

Rowan Kruger, Damon Becker en Louis le Roux kompeteer in die Kaskardag.

“Ek wil ‘n beeld skep onder die leerders; wat hulle doen, is ek ook bereid om te doen. Dit is belangrik om hierdie dinge saam met die leerders te doen,” het Wouter vol gras en modder afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version