Wanneer kuikens arende word

Nories hou hul Ysterman-kompetisie en daag leerders se fisieke vermoë uit.

Op 17 Augustus was dit weer tyd vir leerders om aan Laerskool Krugersdorp-Noord se Ysterman-kompetisie deel te neem.

Die dag se koördineerder, Wessel Lotter, sê die Ysterman vind elke derde jaar plaas. Hy vertel verder dat daar vyf stasies was wat leerders teen ‘n sekere tyd moes voltooi. Dit sluit fisieke aktiwiteite in graadverband in, insluitend om swaar emmers water te dra en groot bande om te draai.

Barry van Jaarsveld sleep ‘n emmer water.

“Vir elke graad is ‘n wenner gekies, wat dan ook ‘n trofee ontvang het en toe saam met die dogters op die verhoog gestap het vir die komende Mnr en Mej Norie. Almal wat aan die kompetisie deelgeneem het, het ook ‘n sertifikaat ontvang,” sê Wessel.

Keagan Burns dra emmers water.

Leerders het inderdaad alles gegee om die kringloop met baie sweet en deursettingsvermoë te voltooi.

“Ons wil die leerders blootstel aan ekstra areas. Dit is belangrik om op ‘n jong ouderdom ‘n belangstelling aan te wakker, waar ons die bietjie ekstra vir hulle doen,” het Wessel afgesluit.

Exit mobile version