Schools

Produksie by Nories rek die oë

Honderde jong akteurs van verskeie skole het hul talente ten toon gestel tydens die Momentum Aardklop Pronk Podium Kompetisie by Hoërskool Noordheuwel.

Hoërskool Noordheuwel het onlangs die Momentum Aardklop Pronk Podium Kompetisie aangebied.

Volgens Norie se kultuurhoof Mariki de Villiers-Knop, was hierdie die agtste keer wat dit by hulle aangebied was.

“Daar was vanjaar 438 jong akteurs se voete op die verhoog. Verskeie hoër- en laerskole het deelgeneem en produksies aangebied; skole soos Laerskool Roodekrans, Hoërskool Monument en Hoërskool Witteberg, met laasgenoemde wat al die pad van Bethlehem afgekom het.

“Maandag en Dinsdag het ons talentaande gehad waar leerders hul talent vir die skool kon wys. Die res van die dae het die verskeie skole hul produksies aangebied waar die top 15 produksies gekies was om op 3 Augustus in die semi-finaal deel te neem,” vertel Mariki.

Sy het bygevoeg produksies wat uitgestaan het was veral Roodies se Marmite, Hoërskool Eldoraigne se Kou jou vingers tot die been en Nories se Kliek en Wegraker.

“Die beligting en akteurs was briljant en daar kon gesien word dat hulle baie moeite ingesit het,” sê Mariki.

Die Krugersdorp News het gedeelte van die finale aand bygewoon waar leerders hul alles gegee het.

Back to top button