Noordskool se Arri vier sy 11de verjaarsdag

Die skool het hul motiveerder se verjaarsdag gevier met 'n groot partytjie op die sportveld.

Arri, die motiveerder en gelukbringer vir Laerskool Krugersdorp-Noord, het op 23 Februarie sy 11de verjaarsdag gevier.

Belinda du Toit en Suzaan Alberts van Hoërskool Monument dans saam met Arri op die veld.

Quinton Botha, skoolwoordvoerder het verduidelik, “Arri motiveer ons leerders en kuier gereeld by opedae en sportgebeure.”

Mia van Zyl, Arri en Okuhle Dlamini.

Die skool het die groot dag gevier met ‘n Men in Black-tema en partytjie op die skoolveld met twee lyfwagte van Hoërskool Monument wat heeltyd saam met Arri rondbeweeg het.

Luan Swart en Jacques Bothe was Arri se lyfwagte vir die dag.

Monnas se dirigente het ook vir die leerders ‘n kreet geleer wat hulle dan saamgesing het.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version