Noordskool-hoof se seënwense vir Krugersdorp

'n Spesiale boodskap van hoop en geloof vanaf Noordskool se hoof vir die Feestydperk.

Laerskool Krugersdorp-Noord se hoof, Charles Miller, het ‘n spesiale boodskap aan leerders, hul ouers, onderwysers asook die gemeenskap.

“Met die jaar wat tot ‘n einde kom, kan ons terugkyk en net dankbaar wees. Dankbaar vir ‘n goeie suksevolle jaar met baie hoogtepunte op verskeie gebiede van ons skool.

“Al hierdie sukses is snet deur genade en daarvoor dank ons, ons Hemelse Vader.

“Soos die jaar verbygevlieg het, was daar altyd hoop. Hoop om aan vas te klou ten spyte van al die uitdagings in ons land, gemeenskap en skool.

“Ons moet positief bly in negatiewe omstandighede om sukses te kan beleef, byvoorbeeld wees tevrede, doen vir ander iets, tel jou seëninge, sorteer probleme uit, handhaaf goeie verhoudings en rig jou oë op na bo.

“Geen mens kan hoop hê sonder geloof nie. Hoop is ‘n gawe, ‘n lewenskwaliteit, dit is ‘n uitsien na iets wat voor jou lê.

“So sien ons uit 2024 en wens elke ouer, leerder en almal in die gemeenskap ‘n voorspoedige nuwe jaar en ‘n geseënde Kerstyd.

“Mag jou hoop gevestig word deur geloof, liefde en God se genade elke dag.”

Exit mobile version