Seënwense vanaf Proties se hoof

Donna Lourens van Laerskool Protearif sluit 'n suksesvolle jaar af met dankbaarheid, hoop en wil die trant voortsit in 2024 wanneer hulle bou aan hul leerders se fondasie.

Donna Lourens van Laerskool Protearif het ‘n spesiale boodskap vir sy skool en gemeenskap.

“Dis ongelooflik hoe vinnig ’n jaar propvol voorspoed en seën, verby kan vlieg!

“Met ons jaartema van #roete23, het Laerskool Protearif, gefokus op die rigtingwysers om suksesvol op koers te bly op ons ‘reis’ en kan aan die einde van hierdie jaar, vir seker met oorgawe en uit volle bors, ’n bekende Kersliedjie sing: ‘Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan God die eer!’

“Ons sien met groot opgewondenheid en verwagting uit na 2024. ’n Nuwe jaar, met splinternuwe uitdagings en vars genade. ’n Jaar waarin ons gaan bou #in_konstruksie. Ons gaan bou aan die fondasie en ontwikkeling van elke leerder; bou aan die karakter van ons skool; bou aan goeie verhoudings; bou aan betrokkenheid in ons gemeenskap; bou aan hoop vir die toekoms van ons mooi skool.

“By Protearif koester ons die voorreg om hoopvol uit te sien na die nuwe jaar, want ons hoop is nie in iets nie, dis in iemand. Ons hét hoop, sy naam is Jesus Christus! Hoop dryf God se hart en hand om wonderwerke te doen – daarom moet ons verwag van God om groot dinge vir ons te doen.”

Hul rig ’n uitnodiging vir Kersfees aan elke leerder, onderwyser, ouer en vriende van ons skool:

• Kom loof en prys Hom, in dankbaarheid, saam met ons, vir die jaar 2023!
• Kom bid saam met ons vir; mekaar, ons gemeenskap, ons dorp en ons land!
• Wees saam met ons gehoorsaam en doen wat Hy sê!
• Kom spreek lewe oor sy beloftes in ons lewens!

“Ons wens julle almal ‘n geseënde Feesseisoen toe – geniet die spesiale tyd saam met die mense van jou hart!”

Exit mobile version