Schools

Norie-krieketspeler gekies vir Gauteng

Vir 'n Norie het jare se harde werk vrugte afgewerp toe hy tot die provinsiale span verkies is.

Laerskool Krugersdorp-Noord se Eduart Maritz is onlangs gekies om deel te wees van die Gauteng Krieketspan.

Eduart is tydens vanjaar se Gauteng-Wes kriekettoernooi geïdentifiseer om aan verdere proewe deel te neem. Daar is hy toe vir die Gauteng-span gekies.

Hy sal ook in Desember aan ‘n toernooi deelneem waar 20 spanne van verskillende provinsies teen mekaar gaan meeding.

Eduart werk nou al sy hele laerskool-loopbaan aan sy krieket-vernuf en gaan nou uiteindelik sy provinsie verteenwoordig.

“Noordskool wens Eduart baie sterkte toe vir die res van sy krieketseisoen wat voorlê,” het die skool in ‘n verklaring gesê.

Check Also
Close
Back to top button