Groot Lentedag-vieringe vir West Village se kinders

Deo Gloria Huis bederf kinders van West Village met 'n lentedag vol pret en plesier.

Na die koue winter het Deo Gloria Huis op 28 September ‘n opwindende en ontspannende lentefunksie vir die kinders van West Village aangebied.

Organiseerder Ronell Maud Breet sê hulle het die warm dag gebruik om die kinders met hamburgers, lekkers en springkastele te bederf. Alles op die dag is geborg.

Duan la Grange geniet die glybaan.

“Ons het springkastele en glybane vir die kinders gereël om op te speel, asook lekkernye soos koeldrank, kolwyntjies, springmielies en skyfies voorsien. Sommige kinders het selfs twee hamburgers geëet,” het Maud bygevoeg.

‘n Seun geniet die glybaan.

Die Krugersdorp News het die dag bygewoon waar die kinders hulself moeg gemaak het, veral to hul heen en weer glybaan toe gehardloop het. Hulle het ‘n fees gehad.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version