Local news

VLU bring troos aan kinders met trauma

Die VLU oorhandig geskenkblikkies vir getraumatiseerde kinders.

Die Vrouelandbou-unie (VLU) se Fuchsia-tak het onlangs geskenkblikkies met teddiebere aan kinders wat trauma beleef het, uitgedeel.

Takvoorsitter Maryne van der Merwe het die blikkies aan Elsa Struwig van die Footprints Ministry oorhandig wat die blikkies vir die kinders gaan gee het.

“Ek is ‘n tussenganger vir kinders wat slagoffers van gesinsgeweld, verkragting en mishandeling is. Ek is betrokke by verskillende kinderhowe regoor die provinsie, waar dit moeilik is vir die kinders om met vreemdelinge te praat as gevolg van die trauma, so dit is baie belangrik om hulle in ’n veilige omgewing te hê wanneer hulle met my praat, waar die teddies in die blikkies geweldig kan help,” sê Elsa.

Maryna vertel verder dat hulle 51 geskenkblikkies gemaak het, waar 14 vrywilligers die teddies gebrei het.

“Die blikkies is pragtig vir die kinders versier, waar dit na ‘n saak aan hulle gegee word. Die hele projek gaan oor genesing,” het Maryne afgesluit.

Back to top button