Ons Skool Horison hou fondsinsameling by Barnyard

Ons Skool Horison gaan groot by Barnyard fondsinsameling.

Ons Plek Horison het op 8 Augustus ‘n baie suksesvolle fondsinsameling by die Barnyard-teater in Silverstar gehou.

Ons Plek is ‘n projek deur Solidariteit Helpende Hand wat in 2022 op die been gebring is nadat navorsing ‘n behoefte aan meer bekostigbare naskoolsorg in die Roodepoort-omgewing aan die lig gebring het.

Ons Plek Horison bestuurder Laetitia Boerssen, saam met onderwyser, Ivana Meyer.

Leerders by Ons Plek Horison ontvang daagliks gebalanseerde maaltye na skool, huiswerkhulp van hoë gehalte asook hulp met voorbereiding vir toetse en eksamens, en gratis toegang tot die aanlyn leerprogram, Wolkskool.

Skoolvakansieprogramme en daaglikse vervoer vanaf die onderskeie skole word ook aangebied.

AfriForum Roodepoort voorsitter Werner Brits en sy vrou Karien tydens Ons Skool Horison se fondsinsameling by Silverstar se Barnyard.

Die fondsinsamelingsprojek is juis gehou om geld in te samel ten einde die naskool in staat te stel om ‘n nuwe voertuig aan te skaf vir die vervoer van kinders van die onderskeie skole na die naskool.

Die insameling is uitstekend ondersteun deur inwoners en plaaslike besighede.

AfriForum Roodepoort was soos gewoonlik sterk verteenwoordig en het ook ruim bygedra tot die insameling.

Exit mobile version