Local news

VIDEO: Van Coke vermaak Krugersdorp

Gewilde Afrikaanse sanger Francois van Coke bederf Krugersdorp met sy optrede by Barnyard Silverstar.

Een van die land se bekendste Afrikaanse kunstenaars, Francois van Coke, het op 16 Augustus by Barnyard Silverstar opgetree.

Die Krugersdorp News het die vertoning bygewoon waar die teater propvol vriende en families was wat hul gunsteling band in aksie wou sien.

Elouise Rossouw en Maria Pienaar by die vertoning.

Tydens die vertoning het Francois agtergrond van sekere liedjies verskaf en natuurlik was daar treffers soos Dagdrome in Suburbia en F!@#$polisiekar (waar Van Coke die hoofsanger was) se Hemel op die Platteland.

Francois vertel ook grappenderwys dat hy al meer as 20 jaar Krugersdorp toe kom en dat die gehoor altyd soos sy tuisdorp Belville is.

Martin en Chanelle Botha saam Karla Liebenberg en Pieter van Niekerk by die vertoning.

“Julle is ‘n wilde klomp. Krugersdorp is altyd ‘n lekker dorp om te besoek en die gehoor wys altyd hoe dit gedoen moet word,” het Francois afgesluit.

Jessica Herne, Liandri en Emily de Beer, Gerda Bekker en Lida de Beer by die vertoning.

Van Coke en sy band het dus die aand hul driedaagse toer op ‘n hoë noot afgesluit.

Back to top button