Een slaggat op ‘n slag

Vrywilligers herstel slaggate regoor Krugersdorp om die toestand van paaie te verbeter.

AfriForum het op 17 Augustus inwoners se lewens vergemaklik deur slaggate oral in die dorp vrywillig te herstel.

Volgens die AfriForum Krugersdorp-takvoorsitter, Jurie van Niekerk, was dit ‘n landswye projek, waar hulle deel gevorm het van die veldtog.

Ben Victor kompakteer die teer.

“Omtrent 22 vrywilligers het gehelp met die herstelwerk. Ons doen die twee tot drie keer per jaar. Die keer het ons 1.25 ton se teer gebruik om ongeveer 26 slaggate te vul in die middedorp, Chancliff, Kenmare, Krugersdorp-Noord, Rant-en-Dal en Krugersdorp-Wes,” sê Jurie.

Dale Mac Rae herstel ‘n slaggat.

Hy vertel verder dat die veldtog beslis ‘n verskil in die gemeenskap sal maak.

Thys Blom aan die werk.

“Dit sal die toestand van die paaie en inwoners se moraal verbeter. Ons het ‘n passie om die gemeenskap by te staan en te ondersteun. Dit verbeter die infrastruktuur van die dorp en maak dit vir almal beter om op die paaie te ry. Dankie aan elkeen wat gehelp het. Die gemeenskap is baie welkom om betrokke te raak en deel te wees van die verskil wat ons maak,” het Jurie afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version