Local news

Gelowiges bederf Lewisham-jeug

Die jeug in Lewisham was omtrent bederf met kos en klere tydens 'n uitreik deur gelowiges.

Die Ancient Cross Ministry het onlangs saam met Pastoor Danie en Anele Myburgh van die Lewisham Christian Centre ‘n Winter Wonderland-liefdadigheidsfunksie georganiseer vir die jeug.

Volgens Pastoor Ian Koegelenberg is daar onder andere kos, klere, musse, serpe en lekkernye vir die kinders van die gemeenskap uitgedeel.

Charlene Meintjes en Anele Myburgh berei vetkoek voor.

“Daar was ook verskillende speletjies vir die kinders aangebied en dit was net ‘n hele dag van pret. Die doel van ons tema was om vir die kinders warm liefde op ‘n koue wintersdag te gee. Ons doel vir die dag was om ‘n veilige omgewing vir die kinders te bied, waar almal altyd met ope arms, liefde en omgee verkwelkom word. Ons wou ook God se boodskap aan elke kind oordra,” het Ian gesê.

Hy sê dat die dag afgesluit was met ‘n preek waar vetkoek, maalvleis en wintersklere uitgedeel is.

Back to top button