Help Cara om kamp vir behoeftiges by te woon

Om die kamp by te woon gaan R10 000 kos.

Hoërskool Monument te same met Curves Ladies Gym Strubens Valley het hande gevat om geld in te samel vir ‘n dogter met Down se sindroom.

Volgens Monnas dansonderwyser Tania Jansen van Vuuren is die doel om fondse in te samel vir Cara Rood sodat sy ‘n kamp vir kinders met spesiale behoeftes kan bywoon.

“Sy het onlangs 18 geword en word beskryf as ‘n liefdefolle en energieke dogter wat van skilder en dans hou. Sy wil graag op die spesiale kamp gaan wat as SADSAA Dream Catchers All Stars Fishing Trip bekendstaan. Hierdie kamp bied vir kinders met spesiale behoeftes werklike ervarings en opleiding, maar die kamp kos oor die R10 000.”
Monnas se dansdepartement is op Saterdag, 20 Julie vanaf 10:00 by Curves om vir Cara die nodige fondse in te samel.

Tania het bygevoeg dat Carla skilderye van sonsondergange geverf het om te verkoop om die fondse in te samel.

“Daar gaan ook koffie en muffins te koop wees,” het Tania afgesluit.

Exit mobile version