Local news

KYK: Mindalore se Dwayne pronk op die verhoog

Plaaslike musikant het onlangs sy jongste treffer vrygestel.

Dwayne Griffin wou nog altyd ‘n ster op die verhoog wees en spog deesdae met sy jongste lied, Jaloers.

Dwayne sê dat hy reeds op die ouderdom van 12 musiek ernstig begin opneem het. In 2021 het hy sy eerste lied, Soos die Seisoene, geskryf en vrygestel. Hy vertel verder dat sy musiek reeds op talle platforms beskikbaar is, onder andere Apple Music, Spotify en YouTube. Jaloers is in Mei vrygestel en het reeds 25 000 strome.

“Ek hou daarvan om voor ‘n gehoor op te tree. Ek sing ‘n groot verskeidenheid musiek, van country tot pop musiek, maar Afrikaans bly my gunsteling. Afrikaans is besig om uit te sterf en ek probeer om dit lewendig te hou,” het Dwayne vertel.

Volgens Dwayne is Jaloers sy vyfde lied wat hy vrygestel het. Hy is ook die enigste musikant in sy familie. Hy het bygevoeg dat hy baie dankbaar is vir die ondersteuning wat hy van sy vriende en familie af ontvang.

“Ek wil nog liedjies vrystel voor die einde van die jaar sodat ek my eie album kan vrystel teen volgende jaar. Ek neem my eie liedjies op in my studio by my huis. Ek skryf en sing self,” het hy bygevoeg.

Dwayne het afgesluit deur te sê dat mense in hulself moet glo en weet dat jy tot enigiets in staat is.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button