Local news

Kreatiewe hande onder verskeie generasies

Vrouelandbou-unie bied groot geleentheid aan om handvaardighede te verbeter onder die jong klomp en ouer generasie.

Die Vrouelandbou-unie (VLU) se Fuchsia-tak het onlangs ‘n winterskool vir beide kinders en volwassenes by die Rotaryklub aangebied.

Volgens takvoorsitter Maryne van der Merwe, was die doel van die dag om handvaardighede vir kinders en volwassenes te leer. Die kinders tussen drie en 18 jaar oud het gebak, gebrou, geverf en met klei gewerk. Sy vertel verder dat die volwassenes macramé (‘n vorm van touwerk) geleer het.

Jenna-Mae van der Vyver teken.

“Die kinders het ook geskenk- en lekkergoedpakkies ontvang waar ons beide kinders en volwassenes wil ophef. Ons probeer ‘n wye spektrum van mense bereik,” het sy bygevoeg.

Adri van Niekerk geniet die macramé.

Die Krugersdorp News het die geleentheid bygewoon waar daar ‘n vertrek vol verskeie generasie mense teenwoordig was wat die dag ten volle geniet het.

Maryna van der Merwe met ‘n macramé bottel.

Sy vertel ook dat die geleentheid die tweede van sy soort was sedert die Covid-19 tydperk.

Anri en Zelme Steenkamp saam Natalia Lemmer wie die dag geniet.

“Die VLU is ook besig om geskenkblikkies in te samel vir kinders wat trauma ervaar, indien enigiemand teddies kan brei, vra ek of julle my kan kontak by 083 980 5707,” sê Maryne.

“Ons gee om oor die gemeenskap, met kreatiewe hande,” het sy afgesluit.

 
Back to top button