Local news

Vroue Landbou Unie hekel vir Krugersdorp

VLU leer vroue om te hekel met die doel om hulle 'n behulpsame vaardigheid te leer.

Die Vrouelandbou-unie (VLU) het op Woensdag, 26 Junie, ‘n beginner hekelklas vir die publiek by Lexi’s Coffee aangebied.

Volgens organiseerder van die hekeldag, Henriette du Toit, het die VLU die doel om die vroue van vandag op te bou, deur hulle nuwe vaardighede en stokperdjies te leer.

Henriette du Toit leer die bywoners om te hekel.

“Ons het op Facebook die uitnodiging geplaas vir die gemeenskap om by te woon sodat eerste keer hekelaars kan bywoon. Ons het ‘n patroon gedruk waar die vroue hulle eie wol en penne moes bring, sodat ons hulle kan leer hekel,” sê Henriette.

Cobi Nap en Daphney Kemp kuier by die geleentheid.

Sy het bygevoeg dat hulle hekel bo brei gekies het, omdat daar ‘n groter verskeidenheid is om met die vaardigheid te doen en dat dit vinniger is as brei.

“Ons leer vandag om ‘n lappie en ‘n slaapkous te hekel, en ons wil die vrou ophef,” het Henriette afgesluit.

 
Back to top button