KYK: Winterspel sorg vir groot gees in Krugersdorp

Dros se Winterspel bring gemeenskap bymekaar om Afrikaanse musiek te ondersteun.

Dros het Saterdag, 22 Junie hul jaarlikse Winterspel gehou waar verskeie Afrikaanse kunstenaars opgetree het.

Die Krugersdorp News het die gewilde Afrikaanse musiekfees bygewoon wat ‘n hele parkeerarea in beslag geneem het. Daar was ‘n groot verhoog waar die kunstenaars opgetree het, met ‘n groot skerm wat die twee belangrike rugbywedstryde van die dag uitgesaai het.

Gizelle Bauwer, Georgia Johnston, Annastashia Delport geniet hulself by die Winterspel.

“Ons het die jaar Anzelle, Pieter Smith, Dozi, Eloff, Riaan en Rooksein aangebied, waar omtrent 1 500 mense die vertoning bygewoon het. Dit was ook spesiaal omdat dit die Bokke se eerste toets vir die jaar was, waar mense ook gekom het om die Bokke te ondersteun,” het die Winterspel koördineerder, Leandri Pretorius, gesê.

 

Feesgangers het die dag vreeslik geniet deur te dans en sokkie voor die verhoog. Dozi het ook sy treffer Ou Ryperd gesing. Pieter Smith het gesê dat die dag vir hom vreeslik lekker was.

Monique Swanepoel, Ruben Courts en Warren Paterson was ook daar.

“Ek geniet dit vreelik om in Krugersdorp op te tree, en na 25 jaar se vertonings en optredes wat ek gedoen het, sien ek ou gesigte wat altyd na my vertonings kom kyk, en die is een van die lekkerste plekke om te kom sing,” het Pieter afgesluit.

Danica Cronjé, Carla Richards en Kyndal Venter kuier by die Winterspel.
Devonique Breedt en Tiaan Botha dans te lekker.
Aidan Enslin en Mark Schotz kuier ‘n hond uit ‘n bos by die Winterspel.
Megan en Yolanda Mclean en Estuné van Eden vier Estuné se 18de verjaarsdag by die konsert.
Pieter Smith het gesorg vir groot musikale vermaak.
Francois en Chantelle van den Berg geniet die rugby.
Exit mobile version