Bejaardes vat ‘n toer om die vloer

KCCA hou 'n oupa en ouma dag om bejaardes aktief en gelukkig te hou.

Die Krugersdorp Council for the Care of the Aged (KCCA) het op Maandag, 10 Junie hul Oupa- en Oumadag gehou.

Volgens bestuurder van die KCCA, Kobus Garbers, is dié dag se doel om die bejaardes aktief te hou en uit hul tuistes te kry om se sosialiseer. Hy het bygevoeg dat daar omtrent ‘n 100 bejaardes die geleentheid bygewoon het, en dat die gemeenskap uitgereik het sodat die bejaardes lekker kon eet, koffie, tee of sjerrie drink, en dans.

Elsa Kirchner en Johan van Aswegen vat ‘n toer om die vloer.

“Ons gee om vir ons bejaardes, ons is lief vir hulle, en ons ondersteun hulle wanneer ons kan,” het Kobus bygevoeg.

Die Krugersdorp News het ook die geleentheid bygewoon en gesien die bejaardes het die dag vreeslik geniet. Die geleentheid het begin met ‘n gebed en skriflesing, en na dit het almal hulself geniet. Daar was ook dekor, tafels, eetgoedjies en musiek geborg deur Leonie Posthumus van Healing Hearts.

Ellen Badenhorst en Douglas Rabie by die dag.

“Ons het ook vir die bejaardes komberse en geskenkpakkies gegee,” het Leonie bygevoeg.

’n Musiekgroep het gespeel, en die bejaardes het op die musiek gedans en gewys dat hulle steeds lekker gees in hulle het.

Een van die bejaardes, Douglas Rabie, het opgewonde gesê dat dit ‘party time’ was vir hulle.

Dana Meyer, Maureen Smith en Annetjie Kanter.

“Ek het vreeslik uitgesien na die dag, dit is heeltemal iets anders waaraan ons gewoond is. Ons wys dat ons nog ‘jong mense’ is hier,” sê Ellen Badenhorst.

Kobus het afgesluit dat indien enigiemand in die gemeenskap aan hulle bydraes wil maak vir operasionele kostes, kan hulle hom op 073 135 0616 kontak.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version