Local news

Muldersdrif-plaasaanvalslagoffer vertel haar afgryslike storie in nuwe dokumentêre reeks

'n Slagoffer van Muldersdrif onthul skokkende besonderhede in die reeks getiteld Resilient voices: Survivors of farm attacks share their stories.

“Ons het gedoen waarvoor ons gekom het.”

Dít is wat Mariaan Brits moes hoor kort nadat haar verloofde, Robert Stander, in 2021 tydens ’n aanval op ’n hoewe in Muldersdrif doodgeskiet is.

Dié en verskeie ander emosioneel gelaaide stories – soos vertel deur die oorlewendes van plaasaanvalle – vorm deel van ’n nuwe dokumentêre reeks met vyf episodes wat onlangs deur die burgerregteorganisasie AfriForum vrygestel is. Die eerste twee episodes is reeds op YouTube beskikbaar. Die volledige reeks sal vanaf 16 Februarie op AfriForum TV te siene wees.

In dié reeks getiteld Resilient voices: Survivors of farm attacks share their stories word slagoffers van gewelddadige plaasaanvalle in Suid-Afrika se ervarings in skokkende besonderhede onthul.

“Plaasaanvalle en -moorde is ’n harde werklikheid in Suid-Afrika. Dit is skandelik dat ons ’n regering het wat hierdie misdade ontken of as iets onbelangrik afmaak, terwyl politieke partye wat openlik ‘Kill the Boer, kill the farmer’ dreunsing by politieke byeenkomste,” sê Jacques Broodryk, regisseur van die reeks en hoofwoordvoerder van AfriForum se afdeling vir Gemeenskapsveiligheid.

Volgens Broodryk is dit noodsaaklik om hierdie stories te vertel en vir die internasionale gemeenskap om kennis te neem van slagoffers se ervarings in hierdie ondenkbare gewelddadige aanvalle.

“Hierdie is die werklike mense wat werklike gruwels gely het,” sluit Broodryk af.

• Lees meer hier: Plaasmoordverslag toon minstens 77 aanvalle, nege moorde 

In Mei verlede jaar het AfriForum se plaasmoordverslag vir die eerste kwartaal van 2023 getoon dat minstens 77 plaasaanvalle, waartydens nege moorde gepleeg is, in Januarie tot Maart plaasgevind het. Dié verslag fokus op plaasaanvalle wat vir die eerste kwartaal van 2023 geverifieer kon word.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button