Vroeë Kersfees by Deo Gloria

Deo Gloria het weer hul jaarlikse Kerspartytjie aangebied en die kinders het dit vreeslik geniet.

Kersfees het vroeg gekom vanjaar alles te danke aan Deo Gloria wat onlangs hul jaarlikse Kerspartytjie aangebied het.

Omtrent 60 kinders van Kromdraai en die Burgershoop-gemeenskappe is op 25 November genooi om die dag saam met Deo Gloria by die Real Life Church te geniet.

Nicke Barnard op die springkasteel.

Daar was ‘n springkasteel, roomys, boereworsrolle en ysies vir elke kind. Maar die top punt van die dag was toe Kersvader sy verskyning gemaak het. Hy het vir elke kind ‘n handgemaakte lapsakkie gegee waarop hul naam geborduur is. Binne-in was daar vir elke kind ‘n Kersgeskenk en lekkers.

Die Kersboom met al die geskenke.

Ronel Breedt van Deo Gloria het vertel dat hulle elke jaar so partytjie hou en dat sy en Steve Craucamp hard gewerk het om dié jaar se partytjie so spesiaal soos die vorige jare te maak.

Calvin Smith hou lekker partytjie.

Sy wou graag vir Johan en Melissa Thysma dankie sê dat hulle die lekkers geborg het asook vir Winnie Kruger vir die geskenke. Sy het vertel dat daar nog baie ander borge was en dat die dag nie moontlik sou wees sonder hulle ondersteuning nie. Sy wil hulle ook graag bedank.

Boesem vriende Louis Barnard en Juan Pestana.
Kersvader deel geskenke uit.
Exit mobile version