Mullies wys hul omgeeharte vir diere regoor die Wes-Rand

Leerders en ouers van Laerskool Muldersdrif het onlangs hul harte oopgemaak vir diere in nood regoor die Wes-Rand.

Leerders en personeel van Laerskool Muldersdrif gee baie om vir diere. Dit is duidelik as jy net kyk na al die gelukkige hoenders wat op hul speelgrond rondloop.

Maar hul liefde strek wyd en ver en dit is onlangs bewys toe hulle ‘n groot skenking aan The 9th Day, ‘n plaaslike diere-organisasie en skuiling, die Roodepoort DBV asook Community Led Animal Welfare gemaak het.

Donasies is ook aan die Roodepoort DBV geskenk. Foto ingestuur.

Volgens Tersia Pretorius van Muldersdrif het alle Mullies, van ma en pa tot leerder, selfs ouma en oupa verlede maand honde- en katkos gekoop en skool toe gebring. Hulle kon ook ‘n geldjie gee.

Die donasies en fondse is toe opverdeel onder die drie begunstigdes.

Al die kos wat deur Mullies ingesamel is. Foto ingestuur.

 

“Ons is dankbaar vir hierdie organisasies wat hulle ontferm oor diere. Baie dankie ook aan ons Mullie-maats en ouers op wie ons altyd kan staatmaak,” het Tersia afgesluit.

Exit mobile version