Local news

Prisma Kerk se mark weereens besonders

Rant-en-Dal Prisma Kerk is in hul noppies en is vanjaar se gewilde Kersmark weer as 'n sukses beskou.

Rant-en-Dal Prisma Kerk se gewilde Kersmark het weereens nie teleurgestel nie.

In 2022 het hulle beslis beïndruk met die mark en vir diegene wat uitgemis het was daar vanjaar weer ‘n geleentheid om saam te kuier en sommer jou Kerskouse ook vol te maak.

Adele Roux, Larissa Roux en Lewallan Roux.

Met vanjaar se Kersmark wat oor twee dae gestrek het, en met meer as 40 stalletjies, was die kanse goed dat jy ietsie vir jouself en jou familie kon kry.

Keith Oosthuizen en Dewanrie Maria.

Speelgoed, parfuum, huisdekor, potplante, klere, konfyt en ander lekker gebottelde produkte, suikerkoekies, juwele, Kersversierings en vele meer was te koop op die dag.

Caleb Russouw en Zander Roach.

Die kerk het ook gespog met ‘n masjien wat elke 11 sekondes pannekoek geproduseer het.

Waldemar Tydeman, Tiaan Tydeman en Jacque Roscher.

Feestelikhede het teen 12:00 op Vrydag, 3 November afgeskop en daar was deurlopend musiek gespeel. Daar was selfs kindervermaak ingesluit. Die Saterdag was die hekke reeds teen 08:00 oop en behalwe dat die wenner van vanjaar se inkleurkompetisie vir laerskole aangekondig is, het hulle ook iets nuut ingebring deur ‘n veiling (van skenkings) op hul nuwe Facebook-blad te hou.

Ilze Louw, Alexis Louw en Scarlet Louw.

Kategorieë en wenners van die inkleurkompetisie is:

• Graad 1–3: Elancke Rodrigues
• Graad 4–7: Thereze van Heerden
• Laerskool Muldersdrif gaan eie wenner aankondig vir die kleuter afdeling

Inkleukompetisie-wenners Thereze van Heerden en Elancke Rodrigues met hul pryse geborg deur Crazy Krafts. Foto ingestuur.

Boonop het Rant-en-Dal Prisma Kerk nagenoeg R80 000 wins gemaak tydens die Kersmark.

Back to top button