‘n Modekompetisie vir minderbevoorregte kinders

Na baie jare kon die Save a Child-organisasie weer 'n suksesvolle modekompetisie aanbied.

Vir die eerste keer sedert 2015 kon die Save a Child Foundation weer hul modekompeties aanbied en vanjaar het hulle een van hul jongste wenners nog gehad.

Die kompetisie is gehou om fondse in te samel vir die organisasie wat al sedert 1998 bestaan. Hulle help minderbevoorregte en gestremde kinders van verskeie provinsies deur hulle te ondersteun met mediese onkostes en doeke.

Hilda Erasmus van die organisasie het vertel dat daar hierdie jaar nie so baie deelnemers was soos wat hulle gehoop het nie, maar dat die dag steeds baie pret was. Die kompetisie is onlangs in Mogale City se Eeufeessaal aangebied.

Die wenners was Kyla van Aswegen in die 2–5-jarige afdeling, sy was ook die organisasie se jongste wenner ooit. Shemilia du Bruin het as wenner van die 6–9-jariges weggestap terwyl Anuschka Burger die wenner van die 10–12-jarige ouderdomsgroep aangewys is.

Mej Save a Child is Nandi Oosthuizen en Brandon van Aswegen Mnr Save a Child.

Hilda het vertel dat die lekkerste deel van die dag was om te sien hoe breed die wenners geglimlag het toe hulle pryse oorhandig is.

Elke jaar hou die organisasie vir die kinders wat hul hulle ondersteun ‘n Kerspartytjie ook, maar Hilda het verduidelik dat dit sedert die inperking baie moeilik was om die modekompetisie en Kerspartytjie aan te bied.

Indien jy deel wil word van die organisasie, of hulle wil ondersteun, kan jy vir Boet Jonk skakel by 072 345 9661 of hulle Facebook-blad. Alternatief gaan loer gerus na hul webblad.

“Ons wil net graag dankie sê vir almal se ondersteuning,asook vir Dominique en Giselle Reignsleigh vir hul moeite. Ons bedank ook Gabriel Gazo vir die klank en Mej Save A Child 2008, Debbie Palm en Mev Save A Child 2011, Madre Botha wie die beoordelaars was.”

Exit mobile version