Inwoners jubel en juig na Bokke die Wêreldbeker wen

Regoor Krugersdorp, en veral by die Draadkameel Restaurant in Rangeview, was dit maar benoude boude en moes inwoners toekyk hoe ons Bokke vasbyt om ‘n historiese oorwinning te beklink.

Die datum 28 Oktober 2023 sal vir lank in die geskiedenisboeke onthou word nadat die Springbokke hul vierde Wêreldbekertitel verower het.

Vir ‘n derde agtereenvolgende week moes Suid-Afrikaners hul naels morsaf kou, en die afgelope naweek was geen uitsondering toe die Bokke die All Blacks met 12–11 in ‘n hooggespanne eindstryd geklop het.

Regoor Krugersdorp, en veral by die Draadkameel Restaurant in Rangeview, was dit maar benoude boude en moes inwoners toekyk hoe ons Bokke vasbyt om ‘n historiese oorwinning te beklink. Die stilte in die laaste paar sekondes van die eindstryd was iets soortgelyk uit ‘n gruwelfilm, maar toe die eindfluitjie blaas was almal in ekstase en kon die geraas kilometers vêr gehoor word.

Soos egte Suid-Afrikaners het dit nie saakgemaak of jy familie, vriende of vreemdeling was nie, almal het saam gejubel. Die News was daar om die wen-oomblik op kamera
vas te vang.

Geluk Bokke!

 

Exit mobile version