Local news

GPF en gemeenskap keelvol: Neem skoonmaak in eie hande

Inwoners van Krugersdorp word uitgedaag om self die area waar hulle woon skoon te maak. Die GPF, asook lede van die gemeenskap, het juis onlangs groot dele van Krugersdorp-Noord geteiken om 'n voorbeeld te stel.

Sektor 3 van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Krugersdorp het onlangs hul hande vuilgemaak toe hulle saam met AfriForum en raadslid Mark Trump ‘n gedeelte van Krugersdorp-Noord skoongemaak het. Nou daag hulle ander uit om dieselfde te doen.

Die sektor se voorsitter, Piet Sparks het gevoel hulle (die GPF) moet iets omtrent die vuil dorp doen en aangesien GPF-patrolleerders reeds so baie vrywillige werk doen, het hy gedink ‘hoekom nie maar weer inspring en self skoonmaak nie?’ Die uitnodiging was toe oop vir enigiemand wat graag wou help.

Piet Sparks wys ander hoe dit gedoen moet word. Foto ingestuur.

Volgens Rienie Oosthuizen, ‘n lid van Sektor 3, het hul skoonmaakprojek by die dam by Key West Winkelsentrum op Erfenisdag afgeskop en van Paardekraalweg tot Buitenstraat skoongemaak.

Hulle het twee vullishouers volgemaak. Foto ingestuur.

“Dit is ‘n deel waar talle bejaardes, skoolkinders en lede van die publiek loop. Dit was egter nie die eerste area wat ons skoongemaak het nie. Ons het by besighede in Vierdestraat en Rant-en-Dal opgeruim en selfs ontsmet,” het Rienie gesê.

Sy noem dat hulle rondom die standbeeld en borsbeeld in die area ook skoongemaak.

Die span het rondom die standbeelde ook skoongemaak. Foto ingestuur.

“Die beelde was egter baie vuil, asook die area rondom hulle. Ons het daar met ontsmettingsmiddels skoongemaak omdat dit sleg geruik het en daar was ook heelwat gebruikte spuitnaalde.”

Rienie vertel verder dat hulle sommer ‘n hele paar swartsakke volgemaak het en die twee vullishouers baie vinnig opgevul het. Omdat die area deur herwinners gebruik word om hulle herwinbare materiaal uit te sorteer, laat hul soms die nie-herwinbare items agter, wat die area baie sleg laat lyk het. Hulle het 08:00 begin en teen 12:00 was die flukse span klaar.

Gemeenskapslede aan die werk en besig om skoon te maak. Foto ingestuur.

“Die oggend was ‘n baie groot sukses met mense wat in goeie gees saamgewerk het. Koue drinkwater en iets te ete was ook gereël.”

Hulle beoog om weer so ‘n projek aan te pak en het gesê, “Ons daag die res van Krugersdorp se inwoners uit om op te hou kla en te begin om ons mooi dorp skoon te maak. Krugersdorp het ‘n ryk geskiedenis met baie toeriste wat hierheen kom; kom ons wys hulle dat ons ‘n dorp het waarop ons trots is. As alle inwoners net ‘n bietjie tyd per maand spandeer om hul straat waar hul bly skoon te maak, sal die dorp gou weer skoon wees.”

Haweloses kamp uit langs die dam. Foto ingestuur.

Volgens Piet moet die haweloses na ander areas beweeg en glo dit sal ook help om misdaad te bekamp.

Al die naalde wat opgetel is terwyl daar rondom die standbeelde skoongemaak was. Foto ingestuur.

Rienie het afgesluit deur te sê, “Dit is nie net een instansie se verantwoordelikheid om ‘n area skoon te maak nie. Mense se siening is dat hulle vir ‘n diens betaal maar dit moet verander en in ag neem dat dienste nie gelewer word nie. Dit is ons eie verantwoordelikheid om verval te voorkom.”

Chantelle (Blondie) Coetzee maak sakke vol gras. Foto ingestuur.
Anna Zonnenberg gooi vullis weg. Foto ingestuur.
Almal het hard saamgewerk. Foto ingestuur.
Almal het hard saamgewerk. Foto ingestuur.
‘n Man is besig om vuilgoed te hark. Foto ingestuur.
Die span aan die werk by die dam naby Key West Winkelsentrum. Foto ingestuur.
Pieter Joubert en Piet Sparks reg om die skoonmaak aan te pak.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button