Local news

Burgershoop kinders bederf vir Paasfees

Deo Gloria het uitgehaal en gewys tydens hul jaarlikse Paasfees-vieringe.

Springkastele, lekkers, kos en paaseiers was die orde van die dag toe Deo Gloria hul jaarlikse Paasfees-vieringe gehad het.

Die organisasie het op Saterdag, 8 April vir 30 kinders tussen die ouderdom van twee en 14 jaar van Burgershoop in Krugersdorp-Wes ‘n Paaspartytjie uit die boonste rakke gehou.

Lees ook: Minderbevoorregtes vir Paasfees bederf

Christa le Roux saam met Melissa en Johan Thuysma.
Jacques Henning by die paashaas.

Christa le Roux, die organisasie se tesourier het vertel dat hulle ook die gewilde paartjie, Melissa en Johan Thuysma, daar gehad het om vir die kinders skriflesing te doen. Hulle het vertel waaroor Paasfees gaan en lekkergoed tesame met Jesus-armbandjies vir die kinders uitgedeel.

Lees ook: Help Paasfees spesiaal maak saam met Ray of Hope

Die partytjie is by die Little Graduates Kleuterskool in West Village gehou en daar was ook ‘n springkasteel, boereworsrolle, hoender, skyfies, koeldrank, slushpuppies en lekkergoed vir die kinders om aan te peusel tussendeur al die speel.

Chakita de Boer speel lekker op die springkasteel.
Chakita de Boer speel lekker op die springkasteel.

Die hoogtepunt van die dag was egter die paaseier jag en Christa het vertel dat daar honderde paaseiers vir die kinders weggesteek was. Hulle kon selfs die paashaas vra om hulle te help soek. Elke kind is ook huistoe met ‘n leesboek.

Volgens Christa doen hulle gereeld sulke projekte en word daar op belangrike dae gefokus. Van die projekte wat hulle nog die jaar beoog is Moeders- en Vadersdag, ‘n kombersinsameling, lentedag en ‘n Kerspartytjie.

“Baie dankie aan al die borge wat ons getrou deur die jaar bystaan. Sonder julle en die hulp van die Here sou ons nie die kon doen nie,”

Indien jy die organisasie wil ondersteun kan jy gerus vir Christa by 083 499 1189 skakel.

Maud Breet en Christa le Roux van Deo Gloria.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button