Minderbevoorregtes vir Paasfees bederf

Ongeveer 380 volwassenes en kinders is deur Honeyfield Charity bederf ter viering van Paasfees.

Honeyfield Charity het onlangs vir talle behoeftiges in die middestad van Krugersdorp (insluitend die inwoners van die informele nedersetting op die tennisbane in Krugersdorp-Wes) ‘n spesiale Paasfees gehou.

Anne Bezuidenhout van die organisasie het vertel dat hulle op Sondag, 9 April vir so ongeveer 380 volwassenes en kinders maalvleis met geelrys en koolslaai bedien het en het ook kolwyntjies en paaseiers uitgedeel. Hulle kon ook vir 20 mense komberse uitdeel wat deur Aranda geborg is.

Die organisasie kon nagenoeg 380 monde voer. Foto ingestuur.
Die span skep ‘n lekker warm bord kos in vir mense. Foto ingestuur.

Also read:  Help Paasfees spesiaal maak saam met Ray of Hope

“Ons het by ‘n paar verskillende skenkers donasies ontvang vir kos, bestandele vir kolwyntjies en paaseiers. Die dekor en paashaas-kostuum het ons self gehuur.”

Sy het vertel dat die lekkerste deel van die dag was om al die glimlagte te sien.

Also read: Vier Paasfees saam met jou kinders

“Hulle is wel minderbevoorreg maar nie vergete nie.”

Zerwick Brits die paashaas, saam met Anne Bezuidenhout. Foto ingestuur.
Piet Bekker saam met Anne Bezuidenhout en die paashaas. Foto ingestuur.

As sy vir die gemeenskap een boodskap kan gee is dit dat almal God se kinders is en dat almal ‘n dag van bederf verdien.

Hulle het ook ‘n gelukkige trekking gehou om die komberse uit te deel en hoewel dit vir haar baie spesiaal was om die komberse te skenk was sy tog hartseer dat hulle nie nog meer mense kon help nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version