Mnr Krugersdorp ook nou Mr Vaal Pride

Vir Mnr Krugersdorp gaan dit daaroor om in jouself te glo en trots te wees op wie jy is, ongeag jou geslag, liefdesvoorkeur of kultuur.

Groot dinge is aan die gebeur vir die 2021 Mnr Krugersdorp, Ruan Sinden wat onlangs sy eerste tiara gekry het toe hy die Meneer Vaal Pride-kompetisie gewen het.

Sinden het verduidelik dat sy kêrel, Liam Sounes van Vuuren uitgenooi is om dié kompetisie te gaan beoordeel. Hy het saamgegaan omdat hulle albei daarna onderhoude sou hê vir die Meneer Central SA-kompetisie.

Toe hulle op 3 September by die Vaal Universiteit van Tegnologie aankom was daar egter nie genoeg deelnemers nie en hulle het vir Sinden gevra om ook sommer deel te neem. Hy het glad nie verwag om te wen nie maar het vertel dat dit vet pret was. Dit was sy eerste Pride-kompetisie en ook die eerste tiara wat hy gewen het maar, het hy vertel, die ding maak sy hare deurmekaar.

Hy is klaar genader om ook aan ander Pride-kompetisies deel te neem, hoewel hy maar versigtig is omdat dit nie heeltemal die platform is waarop hy is nie en sommige mense nie daarmee saamstem nie. Hy glo dat al is mense deesdae meer verdraagsaam teenoor gay mense is daar steeds dié wat nie is nie.

Sinden het gesê dat alhoewel gay mense soms gestereotipeer word, almal nie sagte handjies het nie.

Vir hom gaan dit daaroor om in jouself te glo en trots te wees op wie jy is, ongeag jou geslag, liefdesvoorkeur of kultuur. Jy is net jy en niemand kan jou verander nie.

Behalwe vir die Meneer Central-kompetisie waaraan hy op 7 Oktober gaan deelneem is Sinden ook besig met ‘n teaterstuk waarmee binnekort deur die land getoer sal word. Hy het vertel dat hy baie opgewonde is oor die karakter wat hy vertolk omdat dit vir hom ‘n uitdaging is.

Vandat hy as Mnr Krugersdorp aangewys is het hy en Van Vuuren ook ‘n paar SterStatus-byeenkomste aangebied en hulle werk aan ‘n nuwe projek – ‘n klerereeks.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version