Inbraak bo aan lys van 32 insidente in Mogale – Jongste EPR-misdaadverslag

Die jongste EPR-misdaadverslag toon 32 insidente. Die meeste was by besighede (21) waarvan agt inbrake was.

‘n Totaal van 32 insidente is regoor Mogale City gerapporteer vir die tydperk van 29 Augustus tot 4 September.

Dit is volgens EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag.

Also read: 26 incidents this past week in Mogale City – EPR crime report

Bo aan die lys is inbraak met agt voorvalle, gevolg deur diefstal met sewe, saakbeskadiging met vier, drie betreding, drie oop deure, twee van roof, twee pogings tot huisbraak, een brand, een van aanranding, en een poging tot diefstal.

Die meeste insidente, 21, het by besighede plaasgevind, gevolg deur 10 by residensiële eiendomme en een by ‘n kerk.

EPR se volledige verslag:

EPR se misdaadverslag vir Mogale City (skermgreep). Inligting verskaf.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version