EPR-misdaadverslag toon 27 insidente: Meeste in Monument

Monument het volgens EPR se jongste misdaadverslag vir Mogale City die ergste onder misdaad deurgeloop.

EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag wys dat daar tussen 8 en 13 Augustus ‘n totaal van 27 insidente aangemeld is. Bo aan die lys is saakbeskadiging en diefstal.

Lees ook: Jongste misdaadverslag toon 35 insidente vir Mogale City

In die tydperk is daar ook onder andere sake van huisbraak, poging tot huisbraak, gesinsgeweld, roof en betreding aangemeld.

Vyf van hierdie insidente was in Monument terwyl die ander in Rangeview, Wentworthpark, Rant-en-Dal, Krugersdorp-middedorp, Noordheuwel, Krugersdorp-Wes, Luipaardsvlei, Factoria, Dan Pienaarville, Waterval, Mindalore, Krugersdorp-Noord, Kenmare en Noordkruin plaasgevind het.

Volgens die maatskappy se Facebook-blad het hul reaksie-offisiere ook twee verdagtes op 12 Augustus aangekeer nadat hulle items uit ‘n motorhuis in Ottostraat gesteel het.

Twee verdagtes wat vir diefstal aangekeer is. Foto: EPR Facebook blad.

Die maatskappy het inligting ontvang oor die klere wat die verdagtes aangehad het, en hulle is vasgetrek en aan die polisie vir verdere ondersoek oorhandig.

Op 13 Augustus is ‘n ander verdagte vir betreding by ‘n perseel in Gerrit Maritzstraat in Monument aangekeer en aan die polisie oorhandig.

EPR se volledige verslag:

EPR se misdaadverslag vir Krugersdorp. Inligting verskaf.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version