Jongste misdaadverslag toon 35 insidente vir Mogale City

Die verslag toon dat ses van hierdie voorvalle in Noordheuwel plaasgevind het, en sewe in die Krugersdorp-middedorp.

Die nuutste misdaadverslag van EPR Sekuriteit wys dat die maatskappy tussen 19 en 24 Julie op 35 insidente gereageer het. Ongelukkig was een van hierdie insidente ‘n verkragting in Rant-en-Dal die Sondagaand.

Behalwe vir dié voorval is hul personeel onder andere ook ontbied na 11 diefstalle, vyf huisbrake, twee pogings tot huisbraak, twee gevalle van saakbeskadiging, een poging tot moord, twee rowe, en een geval van gesinsgeweld.

Die verslag toon dat ses van hierdie voorvalle in Noordheuwel plaasgevind het, en sewe in die Krugersdorp-middedorp.

Op 24 Julie het reaksieoffisiere Janse van Vuuren en Smuts ‘n verdagte in Sneeubergstraat in Noordheuwel vir diefstal gearresteer.

EPR se volledige verslag is hieronder:

Die nuutste misdaadverslag vir Mogale City.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version