NewsSchools

Kennies-tydkapsule ná 12 jaar oopgemaak

Kennies se tydkapsule sien vir die eerste keer daglig in 12 jaar.

‘n Tydkapsule gevul met herinneringe in 2012 is op Vrydag, 20 September by Laerskool Kenmare oopgemaak.

Een van die destydse betrokke onderwysers van die tydkapsule, Hermine Louwrens, het gesê dat hulle oorspronklik dit na sewe jaar sou oopmaak, en toe 10 jaar. Daar is toe uiteindelik besluit dat dit meer spesiaal sou wees om die tydkapsule tydens die skool se 50e bestaansjaar in 2024 oop te maak.

• Lees ook: Kennies se 50e bestaansjaarvieringe skop af

“Al die betrokke personeel van destyds was genooi en ook die graad sewe groep van 2012,” het sy gesê.

Ek dink een van die hoofredes hoekom ons die tydkapsule gedoen het was die gedagte van vergeet teenoor onthou. Die was ’n doelgerigte poging tot bewaring en tradisie wat die 2012 graad sewes wou vestig,” het Hermine bygevoeg.

Die News het die oopmaakseremonie van die kapsule ook bygewoon waar onderwysers en 2012 se graad sewe groep omtrent opgewonde was om te sien hoe tyd die laaste 12 jaar bewaar was.

Met die oopmaak van die kapsule, het daar letterlik stof getrek. Daar was ook verskeie items binne in wat insluit banksaldo’s, foto’s, CD’s, verskeie koerante en selfs ‘n koffiesakkie.

Wouter Immelman met die 9 November 2012 uitgawe van die Krugersdorp Nuus.
Tinus Fouché, Ryan van Niekerk en Marnis Boersma gaan deur ou briewe.
Nog inhoud van die tydkapsule.

Al die leerders in die skool moes ook ‘n brief skryf van waar hul hulself in 10 jaar sien en wat hulle gunsteling deel van skool was. Een graad drie leerder het byvoorbeeld destyds gesê sy gunsteling deel van skool was pouse.

Onderwysers en leerders van destyds het ook ‘n nostalgiese oomblik beleef deur hulle ou foto’s te sien en briewe te lees.

Kennies se 50e herdenkingskoördineerder Marinus Swanepoel het afgesluit deur te sê hulle gaan gedurende die week van 22 Oktober nog ‘n tydkapsule begrawe en dit eers 10 jaar later weer oopmaak.

Oud-Kennie onderwyser, Pierre Human, met sy ou klasfoto’s.
Hermine Louwrens gaan deur oud-leerders se briewe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button