Hierdie gebakte broodrolletjie met roomsous is ‘n wenner!

'n Resep waarmee jy die familie en vriende se asems kan wegslaan hierdie Feesmaaltyd.

Wie sê kos oor die feestyd moet vervelig wees?

Danksy BRAAIPLESIERE EN BYKOSSE wil die News graag die volgende resep deel waarmee jy die familie en vriende se asems kan wegslaan by die braai hierdie feestyd.

• Gebakte broodrolletjies met roomsous:

• 125g spekvleis, gesnipper
• 1 blik tamatie-en-uiesmoor
• 250ml vars room
• swartpeper
• vars pietersielie
• 250ml cheddarkaas, gerasper

1. Voorverhit oond tot 100 °C
2. Smeer ‘n plat swartpot of ‘n kasserolbak met botter
3. Knyp stukke deeg af en vorm in bolletjies
4. Pak die deegbolle taamlik naby aan mekaar in die bak en laat rys goed in die oond
5. Soteer intussen spek tot gaar, voeg tamatie-en-uiesmoor by en verhit tot kookpunt
6. Laat prut tot effens afgekook. Verwyder van hitte, roer room by en geur met sout, peper en pietersielie
7. Verwyder bak met deeg uit die oond en verhoog die temperatuur tot 180 °C
8. Giet sous oor die deeg en bak 40 tot 50 minute
9. Sprinkel kaas oor en bak nog 10 minute tot goudbruin

• Bron: BRAAIPLESIERE EN BYKOSSE

 

Exit mobile version