Diefstal weer heel bo aan EPR-misdaadlys

EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag vir Mogale toon dat daar 25 voorvalle by die maatskappy aangemeld is in die tydperk van 6 tot 12 Junie.

EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag toon dat daar 25 voorvalle by die maatskappy aangemeld is in die tydperk van 6 tot 12 Junie.

Nege daarvan was diefstal, vyf saakbeskadiging en drie was roof. Daar is twee oop deure aangemeld asook een voorval elk van betreding, poging tot moord, huisbraak, voertuigdiefstal, natuurskade en aanranding.

Drie van die voorvalle het in Monument plaasgevind, drie in Rant-en-Dal, en drie in Wentworthpark. Daar was twee elk in West Village, Vlakplaas, Noordheuwel en die Krugersdorp-middedorp.

Dan was daar een voorval elk in Mindalore, Qualleriepark, Krugersdorp-Wes, Krugersdorp-Noord, Beckedan en Factoria.

EPR se volledige verslag is hieronder:

Die voorvalle wat tussen 6 en 12 Junie by EPR aangemeld is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version