As daar tog net water was sou hy geleef het …

Die West Village-gemeenskap kla al maande lank oor verskeie diensleweringsprobleme, onder andere dat hulle óf glad nie water het nie, óf dat die waterdruk laag is.

‘n Jong man van West Village het onlangs sy lewe verloor toe die kamer waarin hy geslaap het aan die brand geslaan het. Die vraag op almal se lippe is … Sou hy gelewe het as daar water tot die gemeenskap se beskikking was om die vuur te blus?

Die 24-jarige Anton Botha het volgens berigte op Woensdag, 18 Mei in ‘n buitekamer geslaap toe dit om en by 12:30 aan die brand geslaan het. Sy familie en ander gemeenskapslede het vergeefs die brand probeer blus om sy lewe te red maar daar was nie water in die krane nie.

Lees ook: Gebrek aan dienste in West Village – Gemeenskap het genoeg gehad

Die familie het gesê dat hulle nog in rou is en nie met News-joernalis, Natasha Pretorius tydens haar besoek wou gesels nie, maar die gemeenskap het hul ontevredenheid oor die situasie uitgespreek.

Die West Village-gemeenskap kla al maande lank oor verskeie diensleweringsprobleme, onder andere dat hulle óf glad nie water het nie, óf dat die waterdruk laag is.

Die inwoners het die News vertel dat hulle nie weet hoe die vuur ontstaan het nie. Botha wat by sy ouma gebly het, het blykbaar om hulp geroep omdat hy nie die kamerdeur kon oopkry nie omdat die sleutel glo te warm geword het. Die spaarsleutel wou ook nie werk nie. Die familie wou die brand met ‘n tuinslang blus of minstens die deur probeer afkoel sodat hulle vir Anton kon uitkry, maar toe hulle die kraan oopdraai was daar nie water nie.

Anton Botha het sy lewe verloor in die brand. Foto ingestuur.

Daar is toe tevergeefs met emmers water uit een van die bure se swembaddens aangedra, en toe die brandweer opdaag en al hul trok water opgebruik het, moes hulle uitvind dat die brandkraan wat sowat 20m van Anton se kamer was, stukkend was en hulle nie hul tenk daarmee kon volmaak nie.

Daar is toe later water uit dieselfde swembad gepomp om die vuur te blus maar teen daardie tyd was dit reeds te laat om Anton te red.

Die News het ook met die plaaslike raadslid Whitey Mobela oor die voorval gepraat. Hy het vertel dat hy nie op Woensdag, 18 Mei klagtes gekry het oor ‘n watertekort nie, maar wel op Donderdag, 19 Mei die familie besoek het nadat hy van die voorval gehoor het. Hy kon bevestig dat daar wel water was toe hy die familie besoek het, maar het die News gevra om vrae aan die Mogale City plaaslike munisipaliteit daaroor te rig.

‘n Lid van die gemeenskap het vertel dat hulle omtrent elke dag sonder water is en dat daar gewoonlik tussen 21:00 en 07:00 geen water is nie. Sy het vertel dat almal in die Village vir Anton geken het.

Die kamer waarin Anton Botha doodgebrand het. Foto ingestuur.

Ons glo dat as daar water in die krane was sou ‘n lewe gered kon word,” het Nicolene Trom, ‘n gemeenskapslid vertel.

Gerhard Nieuwoudt, Mogale City se Nooddienste-streekstasiebevelvoerder het op die News se vrae gereageer en gesê dat die buitegebou met hul aankoms reeds aan die brand was. Die man wat doodgebrand het kon nie uitkom nie en het toe reeds gesterf.

Die wateropgaartenk wat glo snags ure lank leeg is. Foto: Natasha Pretorius.

Hulle het met die water in die brandweerwa die vuur begin blus en die brandkraan naby aan die huis was buite werking. Hulle het toe volgens standaardprosedure met ‘n vlotterpomp water uit die bure aan die agterkant se swembad gepomp om afronding te doen. ‘n Tweede brandweerwa het ook opgedaag om te help.

Dit is standaardprosedure om swembadwater te gebruik, en die brandweer het volgens prosedure gewerk,” het hy gesê.

Hy het bevestig dat die 23-jarige Anton Botha in die voorval oorlede is en dat een ander persoon tweedegraadse brandwonde opgedoen het.

Evelyn Badenhorst, die West Village-buurtwag se sekretaresse was aan diens tydens die brand en het probeer help om die vuur te blus. Sy het aan die News vertel dat dit belaglik is dat hulle sonder water sit en dat daar vir hulle vertel is om genoeg water uit te hou vir wanneer daar nie water is nie. “Maar hoe hou jy genoeg water uit om ‘n vuur te blus?” het sy moedeloos gevra.

Mogale City responds to West Village fire

The manager of Mogale City Local Municipality Water Services responded to claims that there was no water available to fight the fire in West Village in which a 23-year-old man lost his life.

Duncan Mkhonto said in a statement that the municipality noted with extreme remorse the damage caused by the fire and the subsequent death of a person. In the absence of electricity at the pump station to pump water to the elevated tower which feeds water into the West Village system, Mogale City’s Utilities Management Services has put measures in place.

Water tankers will be made available and the water pump station will be operated with a mobile generator. According to the statement the generator which is manually operated is functional from 04:00 until 22:00 every day.

The Municipality continues to struggle with water supply repair work due to vandalism and illegal connections caused by illegal miners, where on three occasions police escort was required to access the area for repair work to be done in the area. These activities and challenges negatively affect the day-to-day supply operations of water to West Village, and create major pressure on the system about demand vs supply due to significant water losses.”

The statement said that whilst dealing with these challenges the municipality under difficult conditions continue to strive towards an efficient and effective supply of water to West Village.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version