CrimeNews

Meer as 20 insidente in ses dae – EPR-misdaadverslag

EPR-sekuriteit het onlangs hul jongste misdaadsyfers vir die tydperk tussen 11 en 17 April bekend gestel. Daar is op 22 klagtes gereageer.

EPR-sekuriteit het onlangs weer hul misdaadsyfers vir die tydperk tussen 11 en 17 April bekend gestel en in hierdie tyd het hulle op 22 klagtes gereageer.

Van hierdie 22 klagtes was agt vir diefstal, vyf vir huisbraak, drie vir roof, en twee vir saakbeskadiging. Daar was ook een geval elk van ‘n brand, poging tot huisbraak, bedrog en betreding.

Lees ook: EPR’s latest crime report reveals 22 incidents this past week

Meeste van die voorvalle het na 12:00 plaasgevind terwyl tien in die oggend voorgekom het.

Daar was 13 insidente by besighede en sewe by wonings in verskeie gebiede. Daar was ook een voorval by ‘n skool en een by ‘n substasie.

Die meeste voorvalle het in die Krugersdorp-middedorp plaasgevind, met sewe wat daar aangemeld is. Ander voorvalle het in Wentworthpark, Rant-en-Dal, Vlakplaas, Noordkruin, Roodepoort, Kenmare, Luipaardsvlei, Witpoortjie, Noordheuwel, West Village, Oaktree, Wolwekrans, Monument en Lewisham plaasgevind.

Die misdaadverslag vir EPR-sekuriteit vir die tydperk tussen 11 en 17 April.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Check Also
Close
Back to top button