Laerskool Krugersdorp-Noord spog weereens met ‘n goeie algehele skoolgemiddeld en het onlangs hul Top 10-leerders van Graad 4 tot 7 aangewys.
Noordskool-woordvoerder Quintin Botha het gesê, “Na verlede jaar se moeilike kwartale en onsekerhede is dit lekker om weer ons Top 10 vir die eerste kwartaal te kan aankondig.
“Alhoewel Noordskool se akademiese standaarde hoog is, hoop ons dat hierdie sterre en hul prestasies ander Nories ook sal uitdaag om die Top 20 te haa.l Iets wat kop bo skouers uitstaan is dat ‘harde werk word’. Hierdie leerders werk hard en kan daarvan getuig. Weereens geluk aan elkeen!”