Minstens 13 insidente oor die naweek in Mogale City

Huisbraak en diefstal is egter nog bo aan die lys van misdrywe in die area – Johan Krogh.

Die afgelope naweek was weer ‘n besige een vir EPR Sekuriteit in Mogale City, en hul jongste misdaadverslag wys dat hulle op 13 insidente gereageer het.

Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het gesê in vergelyking met vorige weke was daar ‘n afname in gewapende rowe.

Slegs een gewapende roof is aangemeld. Huisbraak en diefstal is egter nog bo aan die lys van misdrywe in die area,” het hy bygevoeg.

Op Vrydag, 4 Desember was daar ses voorvalle waarvan twee diefstal was. Daar is ‘n wasbak en waterpyp van ‘n buitegebou in West Village afgesteel, en reaksie-offisiere het op drie verskillende mediese oproepe gereageer.

Saterdag, 5 Desember was ook ‘n besige dag met nog ses voorvalle. ‘n Bakkie is uit ‘n erf in Noordheuwel gesteel nadat dit deur ‘n afleweringsmaatskappy afgelaai is. Twee mense is vir bedrog in Tarlton aangekeer, ‘n betreder is op ‘n erf in Monument aangekeer, en ‘n BMW se slot is in dieselfde area gebreek.

Laatmiddag was daar ‘n inbraak by ‘n woonstel in Rant-en-Dal, en net voor 11nm het vier insittendes van ‘n wit Mazda minstens R1 500 se sigarette by ‘n besigheid in West Village geroof.

Die reaksie-offisiere het op Sondag, 6 Desember, gereageer op ‘n bakleiery tussen twee mans in Viljoenstraat, Krugersdorp-Noord.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version