‘n Laaste huldeblyk en finale groet vir Bastion-matrieks

Hoërskool Bastion se matriekgroep van 2020 het na 11 jaar se harde werk en een bitter harde jaar totsiens gesê aan hul mede skoliere en onderwysers tydens hul jaarlikse kloklui-seremonie.

Die jaar waarin hulle hul stempel op die skool moes afdruk was vir die 2020-matrieks een van hul moeilikstes.

Die positiwiteit en harde werk wat hulle egter getoon het wys dat hierdie groep ‘n blink toekoms gaan hê.

Kyk hier:

 

Hoërskool Bastion se matriekgroep van 2020 is geen uitsondering nie en op Maandag, 2 November, het hulle na 11 jaar se harde werk plus een bitter harde jaar totsiens gesê aan hul medeskoliere en onderwysers tydens hul jaarlikse Kloklui-seremonie.

Raymond Seepamere lui vir die laaste keer die klok.

Bastion het in 2018 hul eerste Kloklui-seremonie gehad as ‘n manier waarop die ander leerders hul matrieks op ‘n spesiale wyse kon groet sodat die hele skool kon deelneem aan hierdie tradisie.

Die 2018-matrieks het later ‘n nuwe gegote klok aan die skool geskenk. Binne die kort tydjie het die klok al so ‘n deel geword van die skool dat die nuwe Graad 8’s ook nou in die Bastion-familie verwelkom word met die lui van die klok.

Opgewondenheid het onder die 108 matrieks geheers toe hulle elkeen die geleentheid gekry het om die klok te lui. Daarna het hulle hek toe gestap waar ‘n erewag van leerders hulle finaal gegroet het.

Die News wens al die matrieks sterkte toe met hul eindeksamen en hul toekomsplanne.

“Ons as personeel en leerders is uiters trots op die groep matrieks wat net nie weet van handdoek ingooi en opgee nie. Hulle is nie net ‘n voorbeeld vir die res van die skool nie maar ook vir ons as personeel. Daarom die boodskap van die lig in Johannes 8:12, ‘Ek is die lig vir die wêreld’. So is elkeen van hierdie leerders ‘n baken en ‘n lig vir die res van die skool – ‘n lig wat hulle ook daarbuite moet gaan laat skyn om vir die wêreld ‘n baken te wees,” het Petru van Zyl, waarnemende Senior Adjunkhoof gesê.

Sy het bygevoeg dat hierdie groep se gees, deursettingsvermoë, goeie gedrag en wil om sukses te behaal, maak nie saak wat nie, bewyse is dat hulle Bastion se leuse, ‘Bastion Bou’ uitleef.

Ongelukkig kon al die 2020-matrieks nie die geleentheid meemaak nie. Bronwyn Strydom is twee jaar gelede oorlede toe sy saam met ‘n vriendin met vakansie was. Haar ma het nog altyd met haar vriendinne kontak gehou, en aangesien Bronwyn dié jaar in matriek sou wees, het die meisies haar ma gevra om die klok namens haar te lui ter nagedagtenis aan Bronwyn.

Die News wens al die matrieks sterkte toe met hul eindeksamen en hul toekomsplanne.

Sien nog fotos hier

Exit mobile version