Wie is die ’emmertjie’-man wat motoriste teister?

Hy is elke dag by 'n ander verkeerslig, maar vryf die hele gemeenskap verkeerd op.

“Meneer Emmertjie, sou ons paadjies weer kruis sal jy vir ‘n lang tyd nie weer kan vloek nie, jou mond sal te geswel wees,” het Niel Allers op sosiale media gesê.

Die gemeenskap ken hom as die man met die emmer wat jou motor wil was. Hy swerf van verkeerslig tot verkeerslig in Krugersdorp. Indien die motoriste sy dienste van die hand wys, word hy aggressief en begin kru taal teenoor hulle gebruik.

“Hy het my ma se foon probeer steel,” het Retha Pretorius gesê.

‘n Ander vrou het ook beweer dat hy haar eendag gespoeg het nadat sy nie vir hom geld wou gee nie. Die gemeenskap is in rep en roer oor die meneer emmertjie en het nie ‘n goeie woord vir hom nie.

‘n Ander inwoner en besigheidseienaar in die gemeenskap het aan die News vertel dat hy onlangs deur dieselfde man gevloek is en dat hy selfs sy ma gevloek het, wat hy van geen kant af ken nie.

“Ek is baie bekommerd oor hom. Ek dink ons as gemeenskap moet saamstaan en hom help waar ons kan,” het Gary Stacey gesê.

Die News het die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Sektor 4 genader en meer inligting rondom dié man gekry.

“Hy slaap op straat en hy wil nie hulp hê nie. Ons het al vir hom hulp aangebied, maar hy het dit van die hand verwys,” het Rose Menezes van die GPF gesê.

Dit is ook onder die News se aandag gebring dat hy wel motoriste skel, omdat motoriste hom glo sleg behandel. Die News het die man verskeie kere gaan soek om te hoor wat hy te sê het, maar kon hom nie opspoor nie.

Enige persoon wat meer inligting kan gee oor meneer emmertjie, soos hy op straat bekend staan, kan News-joernalis Nadine Maré by 011 955 3774 skakel, of ‘n epos stuur na nadinem@caxton.co.za.

 

Lees verder:

Hoekom is Krugersdorp bedelaars so verpletter?

Bedelaars skel jou as jy nie gee nie

Gewese bedelaar en verslaafde ‘n man duisend

Hawelose vriende mekaar se genade

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein HeraldRoodepoort RecordGet It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version