Hoërskool Bastion strek vir die toekoms

"Vir ons is dit meer as net 'n nuwe gim, dis 'n gemeenskapsprojek wat ouers en kinders moontlik bymekaar kan bring."

Hoërskool Bastion se lang en deeglike beplanning aan ‘n strekband-gimnasium het uiteindelik vrugte begin afwerp. Die skool het Dinsdag, 22 November ‘n kontrak met Jump Stretch South Africa (JSSA) onderteken wat bepaal dat die organisasie hulle bestaande sportsaal in so ‘n gimnasium te omskep. JSSA verskaf toerusting en oefenprogramme aan die Springbok-rugbyspan en aan universiteite regoor Suid-Africa.

 

Peer Assor, lid van Jump Stretch en Teuns Naudé, voorsitter van Hoërskool Bastion se beheerliggaam teken ‘n kontrak om die nuwe strekband-gimnasium te finaliseer.

Hulle implementeer ‘n revolusionêre oefenprogram waarvolgens rekbare bande wat hulle self vervaardig om atlete meer soepel en fikser te maak. Die oefenprogram en bande is in Amerika ontwikkel.

Hierdie gimnasium gaan die eerste van sy soort in Suid-Afrika wees.

“Ander sportspanne en universiteite gebruik die bande, maar kombineer dit met gewigte om ‘n oefenprogram uit te werk,” het Peer Assor, persoonlike afrigter van Jump Stretch gesê.

“Die gimnasium sal ten volle gebruik maak van die rekke en geen gewigte sal gebruik word nie.” Statistieke bewys reeds dat oefeninge met die bande sportbeserings kan voorkom.

Gert Koekemoer, die skoolhoof het ook verseker dat diegene wat die gimnasium sal gebruik, ook presies sal weet hoe om die bande te gebruik.

Gert Koekemoer, Hoërskool Bastion se hoof teken ‘n kontrak met Jump Stretch South Africa om hulsportsaal in ‘n strekband-gimnasium te omskep.

“Sodra die nuwe skooljaar aanbreek gaan leerlinge die geleentheid kry om Menslike Bewegingskunde (MBK) as vak te bestudeer,” het Gert gesê.

“So kan ons ook die kinders van jongs af voorberei indien hulle sportwetenskap naskool wil studeer.”

Die skool gaan ook vier tot sewe onderwysers opleiding in die bande laat kry sodat hulle weer die leerlinge reg kan oplei. Die sillabus is alreeds deur die Departement van Onderwys goedgekeur.

“Ons het ook besluit om die gim vir die publiek oop te stel sodat lede van die gemeenskap ook die fasiliteite kan gebruik. Vir ons is dit meer as net ‘n nuwe gim, dis ‘n gemeenskapsprojek wat ouers en kinders moontlik bymekaar kan bring.”

Die strekbandklasse sal in groepsverband aangebied word en so kan ouers en kinders saam die sport geniet. Die toegangs- en ledegelde gaan ook baie meer bekostigbaar as dié van ‘n gewone gimnasium wees.

“Die klasse sal die gemeenskap leer hoe om na hulle eie liggame te kyk. Die skool beplan om so gou moontlik met die omskepping te begin,” het Gert gesê.

Lees ook:

Hulle dra die kroon by Bastion

Bastion se Romeo en Juliet revue

Maragons’ boys’ hockey teams strike again

N14-oorledenes waarin skoolhoof sterf nog onbekend

Exit mobile version