Local newsNews

Vroue kom bymekaar vir hoop

'n Kerk vol gaste, koek en tee is 'n wenresep vir die Cradle of Hope se damesteefondsinsameling.

Gaste van die Cradle of Hope se damestee is by die Suiderlig Kerk begroet deur vrolik versierde tafels, heerlike verversings en die gevoel van hoop.

Die tafels was mooi en kreatief volgens verskillende temas, soos antiek-sjiek en Alice in Wonderland versier vir die damestee wat op 21 Mei plaasgevind het.

Ronel Harris was die gasspreker vir die geleentheid. Sy het haar eenvrouvertoning gelewer wat op haar nuwe boek Break free gebaseer is. Die boek is verlede maand vrygestel.

Stigter van die vrouehuis, Melodie van Brakel was byna in trane toe Ronel aan haar ‘n tjek van R10 000 oorhandig het.

Nog ‘n spreker, Ronel Black, het ook ‘n paar saadjies van motivering gesaai met ‘n kort praatjie oor selfbeheersing en groei.

Die pragtige handgemaakte lappop wat gedien het as ‘n prys in ‘n onlangse fondsinsamelingsprojek vir die Cradle uitgeloof is, is ook aan haar nuwe eienaar, Sonja Maes, oorhandig.

Met die lootjieverkope is daar ‘n totaal van R3 300 ingesamel wat gebruik sal word vir die Cradle se nuwe huis in Nelliestraat wat ook bekend staan as ‘The Bright One’.

Verskeie handgemaakte produkte was te koop en die vroue kon uit unieke produkte soos geestelike hangkaartjies, krale en dies meer kies.

Henry van Dyk wat ook vir vermaak by die suksesvolle damestee gesorg het, het verskeie van sy treffers gesing. het verskeie van sy treffers gesing, wat deel gemaak het van die vermaak van die suksesvolle damestee.

Lees verder:

The Bright One was the right one

Hoping the bright one is the right one

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button