Kleuters samel water vir Kroonstad in

'n Plaaslike kleuterskool het meer as 'n 1 000 liter water vir Kroonstad ingesamel.

Kleuters, ouers en onderwysers het hande gevat en water intesamel vir ‘n goeie doel.

Die kleuters van Jubileum Kleuterskool het oor ‘n duisend liter water ingesamel wat dié naweek na waterbehoeftige gebiede in Kroonstad sal vervoer word.

Die skool, wat al 60 jaar bestaan, vorm deel van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) en is ‘n nie-winsgewende organisasie.

Ouers en kleuters het met plastieksakke vol water bottels vanoggend, 20 Mei, by die skool opgedaag.

Die skool het ‘n totaal van 1 632 liter water ingesamel in verskillende plastiekbottel grootes.

Selfs die lede van die Sektor 3 Gemeeskapoliëringsforum het water aangedra.

Die water sal met ‘n trok wat van Kroonstad afkom, terug vervoer en deur inwoners in die area versprei word.

Soortgelyke artikels:

Where to drop off water and bottles here

KHS water drive fills truckloads

Project Water Drop Sweeps South African Streets

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Reference Number:

View All Classifieds View Employment Entries

Exit mobile version