Editor's choiceLocal newsNews

Gee vir lappop ‘n naam en help ‘n organisasie in nood

Skenk 'n geldjie en raai my naam en wie weet jy mag dalk my wen...

‘n Spesiale donasie van ‘n barmhartige bejaarde dien as ‘n buitengewone fondsinsameling vir die ‘Huis van hoop’.

Inwoners van Krugersdorp word genooi om deel te neem aan ‘n unieke fondsinsamelingprojek waar hulle ‘n donasie kan maak en die pratige lappop wen as hulle haar naam reg raai.

Die 45cm grootte lappop is deur ‘n 76-jarige anonieme skenker aan die Cradle of Hope, ‘n plaaslike organisasie wat vroue met kinders inneem, geskenk met die doel om geld intesamel vir die koop van die organisasies se tweede perseel, ‘n eiendom in Nelliestraat genaamd, The Bright One.

Vir maande lank werk die vroue van die Cradle hulle vingers stomp om genoeg geld intesamel vir die aankoop van 14 Nelliestraat om hulle dienste aan die gemeenskap uit te brei.

‘n Yslike bedrag van R300 330 was uitstaande vir die koop van die huis en was oorspronklik betaalbaar teen einde Maart.

Met genade het die vroue uitstel gekry tot en met einde April om nog ‘n verder R122 092,29 intesamel.

Alhoewel hulle weet dat hulle nie daardie bedrag kan insamel met die lappopprojek nie, glo hulle dat elke bietjie help en dit minstens ‘n lekker fondsinsameling is waar iemand die lappop sal wen.

Melody van Brakel, stigter van die Cradle, sal die wenner van die lappop by hul opkommende damesoggend op 21 Mei aankondig.

Vir meer inligting of om die pragtige lappop se naam te raai en ‘n geldjie te skenk, kontak Melody by 082 459 5747 of Lean by 011 660 4623.

Soortgelyke artikels: 

Cradle of Hope’s bright one

House of hope too small

Hoping the bright one is the right one

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button