Local newsNewsSchools

Slimkoppe by Noordheuwel

'n Graad 11 leerling het selfs 'n 100 persent Wiskunde vakgemiddeld behaal.

Hoërskool Noordheuwel (Nories) is gaande oor hulle onlangse akademiese prysuitdeling standaarde.

“Verlede jaar se Graad 9s se top 10 presteerders begin al met ‘n gemiddeld van 91,4 persent,” vertel Nories se bemarking- en skakelbestuurder, Karlien Steyn.

Daar het vier Graad 8 leerlinge, 11 Graad 9 leerlinge, vier Graad 10 leerlinge en ses Graad 11 leerlinge erekleure ontvang.

Hierdie punte is gebasseer op die finale promosiepunte van 2015.

Die volgende leerlinge is as Dux-leerlinge aangewys:

• Graad 8 – Petroné Maritz met ‘n 91,7 persent gemiddeld

• Graad 9 – Anika Loubser met ‘n 96,9 persent gemiddeld wat ook die hoogste in die skool is

• Graad 10 – Ruben van Staden met ‘n 94 persent gemiddeld en die beste prestasie in Fisiese Wetenskappe met ‘n 95 persent vakgemiddeld

• Graad 11 – Marné Kriedemann met ‘n 94,4 persent gemiddeld en het in Wiskunde die beste presteer met 100 persent vakgemiddeld

Noordheuwel is nog altyd bekend vir sy akademiese prestasies en verlede jaar se Graad 12 leerlinge het weer bewys hoekom.”

Karlien herinner dat die skool se opedag díe jaar op Vrydag 6 Mei is.

Verwante artikels:

• Ontgroening weer vet pret

• Matrieks gaande oor resultate

• Elite tennis ready for new year

Back to top button