Local newsNewsUpdate

Waterprojek op een been

Die waterprojek wat in Krugersdorp groot lawaai gemaak het, gaan gestaak word totdat daar veroer is vir die bottels. Daar is wel nog 'n afsetpunt wat water inneem.

Die onlangse waterprojek wat die gemeenskap van Krugersdorp laat hande vat het, is vir ‘n ruk gestaak.

“Ten minste totdat ons weer ‘n trok kan kry,” vertel Francisca De Souza-Calvert van Sektor 3 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF).

Francisca vertel dat daar op die oomblik ‘n probleem met vervoer van die bottels is.

“Ons het nodig om ‘n ooreenkoms met ‘n maatskappy te ondergaan om ‘n trok beskikbaar te stel sodat ons water kan wegneem.”

Op 9 Januarie het Sektor 3 saam met ander sektore van Randfontein na Viljoenskroon in die Vrystaat gegaan om 80 000 liter water af te laai.

“Dis ongelooflik om te weet dat 60 000 liter van die water deur Krugersdropers ingesamel is,” sê Francisca.

Francisca vertel dat, net soos hulle die waterbottels afgelaai het, het die hemele sy sluise oopgemaak en omtrent 40 milliliter water het geval tot en met laasweek Saterdag (16 Januarie).

Francisca de Souza-Calvert (voor links) saam met haar helpers maak lee bottels vol water.
Francisca de Souza-Calvert (voor links) saam met haar helpers maak lee bottels vol water.

Alhoewel die reën ‘n groot seën was, moes die konvooi karre en trokke oppad terug na Krugersdrop toe, plek-plek onderdak stop.

“Die hael was verskiriklik erg,” meen sy.

Dit was dieselfde naweek waar ‘n verwoestende haelstorm Krugersdorp getref het wat veroorsaak het dat Key West Winkelsentrum se dak inmekaar tuimel.

Lede van Sektor 5 en Sektor 9 GPF het op 9 Januarie ongeveer 10 000 liter water vanaf die versamel punt in Dan Pienaarville vervoer na Sannieshof in die Vrystaat. Daar het hulle by Van Wyk Louw ouetehuis die bottels water gaan aflewer.

Verlede Saterdag (16 Januarie), met behulp van vrywilligers en vriende is 7 500 liter water na ‘n plass in Naboomspruit geneem en die projek gaan nie gou tot ‘n einde kom nie.

Francisca het gesê sy sal die gemeenskap weer in kennis stel sodra daar geskikte vervoer is om water weer na die Vrystaat te vat.

Lees meer:

• Water vir die Vrystaat

• Roof collapsed at Key West after hail storm

Back to top button