Top tennis vir die jaar

Skool se tennisspan wen liga 21 jaar na mekaar.

‘n Plaaslike tennis afrigter het ‘n triomfantelike jaar van top gehalte tennis hehad.

Hennie Kruger, wat privaat sowel as vir Laerskool Kenmare tennis afrig, meen dat dit ‘n goeie jaar vir plaaslike tennis was.

Die Laerskool Kenmare tennisspan het vanjaar die skole tennisliga vir die 21ste keer gewen onder sy leiding.

Sedert 1994, is Hennie en sy vrou betrokke by die sport en vanjaar is die onder 13 seuns- en onder 11 dogtersspan as die ligawenners van die D2 skoletoernooi aangekondig.

Tiaan Henning het ook in die spel sukses behaal en het vir die tweede jaar die Gauteng tennisspan gehaal.

Na talle rondtes het hy van Gautenge Sentraal deurgedring na die Gauteng Kampioenskappe waar hy gekies was om die span te verteenwoordig by die opkommende Nasionale Skole Kampioenskappe wat in later in Desember sal plaasvind.

Met die jaar op sy rug het Hennie besluit om ‘n goeie jaar af te sluit met nog sport en het ‘n uitspeel toernooi vir die Henrito Tennis Skool se afsluitingsfunksie op 2 Desember aangebied.

Zander Jurgens en Tiaan Henning het kop-aan-kop vir die senior titel geveg waarvan Zander net-net gewen het terwyl Lubelle Henning die senior dogters titel gevat het met Kayla Gates kort op haar hakke.

By die junior rondtes was Michelle van Rensburg en Riegard Prinsloo as die algehele wenners aangekondig.

“Ek wil die ouers en leerlinge bedank vir al die ondersteuning en samewerking gedurende die afgelope seisoen. Dit verg hardewerk en vasberadenheid om ‘n hoë vaardige sport soos tennis te bemeester,” het Hennie gesê.

Verwante tennis artikels:

 Tennis hou voordele vir kinders in

• Kenmare se tennis al 20 jaar sterk

• VIDEO: Raak aktief met tennis

Exit mobile version