Transnet pensioenarisse: ‘Ons sukkel om te lewe’

Krugersdorp het sy regmatige deel van bejaardes wat sukkel om aan die gang te bly. So ook met Transnet-pensioenarisse.

Twee West Village bejaardes is deel van die 60 000 pensioenarisse wat by die Transnet Tweede Vastevoordeelfonds klasaksie hofsaak betrokke is, want hulle sukkel om aan die lewe te bly.

Die Transnet Tweede Vastevoordeelfonds klasaksie bestaan as gevolg van Transnet-pensioenarisse wie se pensioenbates gestroop is.

Volgens Die Voorblad, ‘n Vryheidsfront Plus nuusblad, is die hofsaak steeds aaneenlopend en advokaat Anton Alberts het namens die Vryheidsfront Plus en die Transnet-pensioenarisse ‘n siviele eis teen Transnet en die regering geloods.

“Transnet stroop die pensioenarisse al vir twee dekades. Omtrent 62 persent van hul pensioenarisse kry minder as R2 500 ‘n maand. Sommiges kry selfs so min as R200 ‘n maand,” lees Die Voorblad.

Amanda de Lange, VF Plus stadsraadslid in Mogale City, in ‘n onlangse persverklaring gesê dat daar van hieridie pensioenarisse hul lewens in gevaar moet stel om reeds aan die lewe te bly.

Een so ‘n verhaal is dié van Eddie Olivier en sy vrou Margret van West Village, buite Krugersdorp. Hy het 30 jaar vir die spoorweg gewerk en moes ná ‘n groot werksongeluk vroeër aftree.

“Hy ontvang ‘n karige Transnet pensioen van R1 600 per maand. Dit is nie eers ‘n druppel in die emmer om hul huurhuis, waarin hy en sy gestremde vrou woon, elke maand te betaal nie. Om hul geld aan te vul, verkoop hulle koeldrank aan dorstige motoriste op die hoek van Jim Fouche en Hendrik Potgieterrylaan,” verduidelik Amanda.

Margret het eers as ‘n motorwag by die Key West winkelsentrum gewerk maar is deur ‘n motor omgery. Na vele operasies en lang tye in ‘n staatshospitaal kan sy beswaarlik loop. Sy het die VF Plus vir ‘n rolstoel genader en met die hulp van Wheels on the Run, is ‘n rolstoel by die Olivier-egpaar afgelaai.

“Hulle moet noodgedwonge tussen die bewegende motors staan om koeldrank te verkoop. Behalwe die koeldrank-verkope maak hulle ook leer items en spookasem,” sê Amanda.

Die Transnet pensionarisse se regspan is tans besig om aansoek by die adjunk-regter president te doen om ‘n regter as saakbestuurder aan te stel om so die voor-hofsaak prosedure te bespoedig.

Die News het ook reeds ‘n artikel oor nog ‘n Transnet-pensioenaris, Katie Smit, wat moet bedel om aan die lewe te bly, gepubliseer.

Lees hier: ‘Nee, ek bedel nie vir dwelms nie’

Jy mag dalk ook hierin belangstel:

• Transnet baas by Menseregtrekomissie na uitlating teenoor oues

Exit mobile version